Mnr Willem Roux , Hawebestuurder van die Mosselbaai hawe het bekend gemaak dat die onontwikkelde gebiede, wat strek vanaf die I & J geboue tot by die Santos Strand gebied, binnekort beskikbaar gestel gaan word vir ontwikkelings voorstelle. Die gebied sluit die Mosselbaai stasie in. Aangesien die hawe omring word met die Mosselbaai Sentrale dorpsgebied, sal hierdie ontwikkeling ‘n integrale deel vorm van die stedelike hernuwings planne van die Mosselbaai sentrale kern soos wat dit beplan is deur die Munisipaliteit van Mosselbaai en die Mosselbaai Sentrale Hernuwings Forum.

Daar word beoog om dit ‘n unieke ontwikkeling te maak wat op toerisme en verwante aktiwiteite geskoei is wat die see met die land verbind. Die gebied leen dit uitstekend vir seiljag kompetisies en watersport geleenthede soos; jetski , diepsee hengel, scuba duik,parasail en plesier ritte.  Bootvervaardiging , akwakultuur aktiwiteiete, diverse  klein spesialiteit en kunswinkels is van die bedrywighede wat in die vooruitsig gestel word. Die area sal voetganger vriendelik wees met minimum voertuig verkeer. Daarbenewens moet opsies vir die gebruik van die spoorlyn om pendelaars en reisigers na en van die Sentrale Sakekern te vervoer gegenereer en oorweeg word. Die bewaring van erfenisgeboue en strukture word vooropgestel. Op die langer termyn word beplan om meer passasiers skepe met toeriste na Mosselbaai en die Tuinroete te lok. Dit is nog nie duidelik of die ontwikkeling in sy geheel of in fases  ontwikkel sal word nie.

Navrae oor potensieële geleenthede kan gerig word aan Willem Roux, 044-6046272 of epos

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

BBP Kaarjtieverkope

SACCI Quaterly review

quaterly_review_sacci

Annual Business Awards

It is time again  for the Mossel Bay's Annual Business Awards, 2011.

Download the nomination form here

 Kant_ad