GAAN NA DIE DIERERYK EN RAAK WYS!
Dinsdag 18 Oktober 2011
18h00 vir 18h30
Ocher Barn
Gannet
Mosselbay
-GELEENTHEDE OF BEDREIGINGS?-
Wat het die sakewereld en die diereryk in gemeen?
Die deursnee sakeman sal moontlik dink nie veel nie, maar as ‘n mens luister na André Diederichs, Old Mutual se klein en medium sakespesialis en jy lees sy artikels oor lesse uit die wildlewe, dan veander jy baie vinnig jou siening.
Diederichs is ‘n bekende sakespesialis wat die paralelle tussen mense se gedrag en dié van diere raakgesien en baie van sy sakelesse daaruit gaan haal het. Sy passie in die lewe is om familie-ondernemings die geleentheid te gee om positiewe toekomste vir hul gesinne in die besighede te ontwikkel. Hy glo dat leierskap en waardes twee kante van dieselfde munt is en dat etiese waardes familie-ondernemings in staat stel om harmonie in sowel die onderneming as die familie te kweek.
Diederichs is ‘n welberese gesoute spreker, skrywer en media persoonlikheid wat ingewikkelde konsepte en teorieë in maklik verstaanbare brokke opbreek en dit dan aan ‘n gehoor opdis.
Diederichs besoek binnekort die Mosselbaai Besigheidskamer en sal as gasspreker by die volgende vergadering op Dinsdag 18 Oktober optree. Toe hy verlde jaar as gasspreker opgetree het, het die gehoor aan sy lippe gehang en is hy met vrae gepeper oor die interessante onderwerpe wat hy aangeraak het..
Maak seker dat jy betyds jou plek bespreek deur Marika Thomatos by 044 691 3440 te skakel.
As ‘n voorsmaking van sy onderwerp, het Diederichs die volgende voorbeeld van sake en die diereryk gestuur.
Beweeg jy uit jou gemaksones?
Net soos wat jou instink en lesse geleer, jou aanvoeling en lewensuitkyk opskerp, so is goeie sakesin krities vir entrepreneurs om onderskeid te
Trekvoëls en diere memoriseer sekere bakens as riglyn vir hul jaarlikse reise. Mettertyd word dit dan ook makliker vir hulle om hul rigting te bepaal net soos wat dit gaandeweg makliker vir ? entrepreneur word, hoe langer hy in sy onderneming staan. Sulke entrepreneurs ontwikkel dan ook ? bepaalde ingesteldheid – of dan ? bekende en bewese wyse van sake doen. Maar, wanneer hul modus operandi bedreig word byvoorbeeld deur gebeure buite hul beheer
Soos in ? onderneming waar ? bepaalde gemaksone ook tot probleme
Die kuns om bedreigings te verwag en geleenthede raak te sien selfs buite jou bedryf lank voordat dit ? werklikheid word, is vinnig besig om ?belangrike sakenorm te word. Dink byvoorbeeld aan die uitwerking van die Internet op die toekoms van uitsaai-maatskappye en DVD verhuringsinstansies omdat dit deesdae makliker en goedkoper is om flieks asook die jongste nuus van die Internet af te laai. Kyk na die tendensie waar supermarkte deesdae nie slegs kruideniersware verkoop nie, maar ook finansiële produkte verkoop asook apteke binne die winkels het. Die moontlikhede is eindeloos.
Hoewel dit noodsaaklik is om uit ons suksesse en mislukkings van die verlede te leer, is dit futiel om die konsep van verandering die stryd aan te sê. Dit is eerder raadsaam om jou toe te spits op toekomstige geleenthede, wat jou meer